2020: Son sak oor taai jaar vol uitdagings…

Dié besonderse foto van die sonsondergang Saterdag oor Oudtshoorn, met Hoogstraat in die voorgrond en die Outeniquaberge in die agtergrond, is deur ’n Oudtshoorniet, Keith Mouton, geneem. Oor 13 dae is dit ook tyd vir die son om onder te gaan oor 2020; ’n uitdagende jaar waarop niemand voorbereid was nie en wat ’n lewensveranderende uitwerking op mense dwarsoor die wêreld gehad het.

Die Hoorn sluit sy deure vanaf 18 Desember vir vier weke. Ons kantoor open weer op 14 Januarie 2021 met die eerste uitgawe van Die Hoorn wat op 21 Januarie 2021 verskyn.

Ons wens ons lesers ’n geseënde en voorspoedige feestyd toe na ’n uitdagende jaar. Wees asb verantwoordelik en veilig in die volgende weke!

  • Schalk le Roux, Liesel le Roux, Heinrich Bosman, Tieneke Maritz en Stefan Skapie Goosen