Die Polisiehoogte Nasorgsentrum wat sy deure in Oktober verlede jaar oopgemaak het, se eerste modelaand en verkiesing van Mnr en Mej Nasorgsentrum was so geslaagd dat dit voortaan jaarliks gehou gaan word. Volgens Phillip Seroux, wat die sentrum saam met sy vrou, Susanna, bedryf, is dit nog ’n geleentheid om die kinders weg van misdaad en uit die strate te hou. Die kinders is ook op ’n uitstappie na die Safari Volstruisplaas geneem is.
Die wenners van die aand is voor van links is Rodesia Ramond (1ste prinses), Jyda Jullies (2de prinses), Sade Loff (Mej Persoonlikheid), Byron Claassen (Mnr Nasorgsentrum) en Timicia Coerecius (Mej Nasorgsentrum). Middel van links is Winston May (1ste prins), Vernando Mooi (Mnr Persoonlikheid) en Naswill Alkaster (2de prins) en agter van links Susanna en Phillip Seroux, Winston May (voorsitter) en Charlotte May (sekretaresse). (Deur Garnett Wicomb)