Oudtshoorniete het sekerlik die pragtige gehekelde KKNK teken gesien by die ingang in Voortrekkerweg (langs die De Jager Sportkompleks) vanjaar. Kan julle nou glo dat die twee karnallies, Kieter en Kat die lewe vir die hekeldames moeilik gemaak het deur heeltyd met die wol te speel. Wie neem hulle kwalik dat hulle die kleurvolle bolletjies vreugde nie kon uitlos nie. Gelukkig was die teken betyds klaar en pragtig vir vanjaar se KKNK.
Skets: Janien Müller