
Die twee aasblomme het onlangs geblom in die tuin van Marita Groenewald van Oudtshoorn. Marita het die foto’s aan Die Hoorn gestuur. Volgens Plants of the Klein Karoo van Jan Vlok en Anne Lise Schutte-Vlok is daar 28 spesies van dié Stapelia waarvan vier in die Klein Karoo voorkom. Die gestippelde blomme (bo) is Stapelia Gigantia, en die donkerrooies Stapelia Hirsuta var. Gariepensis kom voor in die Richtersveld. Aasblomme is vetplante en blom van Februarie tot Junie.