Wanneer die laatmiddag hemele soos ’n waterverfportret met skakerings van pienk, oranje, blou, geel en selfs ’n tikkie pers versier word. Die afgelope weke se hitte sorg vir asemrowende sonsondergange, veral wanneer die wolke begin saamdrom en die belofte van moontlike druppels reën bring. Die foto is in Schoemanshoek geneem, net ’n handjievol kilometers buite die dorp. Verskeie oggende wanneer daar in die motor geklim word vir skool, word effense druppels op die windskerm bespeur, en tekens van bewegings in die stof is toegevee. Dis egter net genoeg om die venster vuil te maak, en bring die kans om nuwe voetspore in die grond te maak.. Foto: Angelique Erasmus