Foto van die Week: 30 November 2023

Die skoonheid van die Klein Karoo! Hierdie toneel met wilde vygies in blom is gekiek op die Vergelen grondpad naby Buffelsdrift. Dis altyd intressant hoe dieselfde kleure vygies gewoontlik saam blom op verskillende tye. As die pers vygies blom is daar min wit of geel vygies tussenin, en so ook vir wit of geel. Dalk is daar ’n leser wat die antwoord hierop het. Stuur die verduideliking gerus na redaksie@hoorn.co.za. Foto: Maureen Visser