Foto van die Week: 28 Junie 2024

Die pragtige landerye met jong uie van Johan Strasheim. Die swawelverbinding in uie is wat veroorsaak dat jou oë traan. Om die trane te verminder, verkoel die ui en sny laaste in die wortelpunt van die ui. Laat weet ons as jy ’n minder tranerige uiesnymetode ontdek het! Foto: Johan Strasheim