Foto van die Week:

Kringe in die dou. Vroeg op Dinsdagoggend terwyl die perde se waterbakke vol tap verskyn die spinnerak toe die son se eerste oggendstrale daaraan raak. Die spinnekop verant- woordelik vir die kunswerk het lankal verdwyn, maar die web wat hy agterlaat is ongelooflik mooi. Om te dink, vanaand wanneer die wind stringe los gewaai het, moet hy weer aan hom begin werk om sy volgende maaltyd te verseker. Foto: Angelique Erasmus