Foto van die Week

Lilly die skaaphond (5) is mal daaroor om saam dorp toe te ry. Sy sit nes ’n mens op die sitplek en moet gereeld met die kinders meeding om voor te sit. Haar gunsteling-gedeelte van kar ry is wanneer sy haar neus by die venster kan uitsteek en die dorp se reuke inasem, want dit ruik mos nou anders as op die plaas. Van 60-100 km/h is daai neus buite, maar die wind raak te erg sodra daar vinniger gery word, dan kyk sy eerder deur die ruit. Foto: Luhann van Wyk