Die Persiese skaap - Droëwors, het die naweek hard gewerk toe daar voer afgelaai word. Hy het Teff wat geskuif is gehelp verminder met 'n happie of tien. Droëwors is 'n hanslam van 4 maande oud. Sy beste maatjies is Fiela die kat en 'n Jack Russell, Chippie. Verder hou hy ook baie daarvan om saam met sy mens maatjies op die bank te lê en speel graag met 'n rugbybal wat hy vir homself sommer so rondstamp wanneer hy verveeld is. Foto: Tristan van Wyk