Foto van die Week

Die eerste sneeu het die afgelope naweek saggies op die bergpieke van die Swartberge kom rus, en Oudtshoorn kom verander in ’n koue kruip-onder-die-komberse dorpie. Met hierdie foto wou ek graag die sneeu, water, groenigheid en skoonheid van Schoemanshoek vasvang, maar die sneeu was te skraps. Nietemin het die son, water en mooi uitsig steeds bygedra tot ’n besonderse foto. Foto: Angelique Erasmus