Foto van die Week: 23 November 2023

Die foto van die twee pragtige gevlekte ooruile is Saterdag in Oudtshoorn geneem. Hulle het ’n vlerkspan van 100 - 140 cm en vlieg gewoonlik teen sononder na ’n uitkykpunt om te jag. Die oppervlakte van hul vlerke is groot in vergelyking met hul liggaamsgrootte. Hul vere het ’n sagte, kamagtige rand wat hulle die vermoë gee om stil te vlieg. Dit stel hulle in staat om niksvermoedende prooi te oorval, en om te kan hoor terwyl hulle vlieg in die agtervolging van die prooi. Hulle is ook in staat om redelik stadig te vlieg. Foto: Brumilda vd Mescht

Bo: Luhann van Wyk (13) is gereeld op die uitkyk vir ’n goeie foto van die week, en word sy ma se foon of kamera gereeld geanekseer wanneer hy vinnig hardloop om ’n mooi foto te neem net vir ingeval hy dalk die koerant kan haal. Hierdie sonsondergang is Maandagaand net na 19:00 geneem soos die laaste sonstrale agter die Outeniquaberge in die verte inkruip vanuit Schoemanshoek, buite Oudsthoorn. Foto: Luhann van Wyk