Foto van die Week: 22 Februarie 2024

Die verkeer in De Rust was weer besig. Hierdie pragtige trop Angorabokke is van een plaas na ’n ander geskuif en het heel lekker en gemaklik deur die hoofstraat geloop. Ons is baie bevoorreg om hierdie tipe verkeesknope in die pragtige Klein Karoo teë te kom, in plaas van rye motors wat minstens twee ure staan om slegs 40 km in die stad te ry. Foto: Willie loves De Rust