Foto van die week

“Die kleure in die wolke was net vir my 'n mooi verskynsel, iets besonders mooi.” Dié foto is Saterdagmiddag om 12:11 by die Rolbalklub in Oudtshoorn deur Estelle Geldenhuys van Oudtshoorn geneem. Sy skryf: “Ek deel net graag met julle die wonderlike verskynsel van gekleurde wolke. Ek het bietjie gaan oplees daaroor, dit is as gevolg van die ‘halo’ (stralekrans) om die son wat landwyd Saterdag te sien was. Dit sal interessant wees om te weet of daar nog mense is wat hierdie rare verskynsel gesien het?” (Stralekranse word veroorsaak wanneer die son deur klein yskristalle in die atmosfeer skyn en kan sigbaar wees as wit of gekleurd - Wikipedia.)