Foto van die Week: 2 November 2023

Fynbos, berge, blou lug en watervalle is sinoniem met die Tuinroete en die Klein Karoo, veral na al die wonderlike reën wat die afgelope tyd in die streek geval het. Maureen Visser het hierdie pragtige foto vir Die Hoorn gestuur. Hierdie pragtige foto is geneem in die Gamkaskloof, die pad wat na die Hel toe gaan. Dit is altyd opvallend hoe mooi die kontras tussen dooie en verbrande plante is waar weer nuwe, kleurvolle lewe kom, en dan besef mens elke dag opnuut in watter absolute ongelooflike mooi gedeelte van die land ons woon...vrek warm, maar pragtig! Foto: Maureen Visser