Foto van die Week: 2 Mei 2024

Dit is oestyd op die granaatplaas Celebratio en die werkers kan nie help om te spog met die pragtige, rooi Wonderful-granate wat hier so gul groei nie. Granate wat meer as 1,3 kg elk weeg word gereeld gesien. Van links is Annalisa Plaatjies, Camen van den Bergh, Christolene Loggenberg, Stephenise Jacobs en Apools Julies. Die granate word by Karoo Pak se pakstoor op die plaas verwerk. Die maatskappy is vanjaar oorval deur oorsese bestellings wat produksie ver oorskry. Die eerste granate is reeds per skip of lugvrag na nuwe markte gestuur. ’n Splinternuwe prosesseringsaanleg open eersdaags by Karoo Pak waar verwerking van die granate sal plaasvind en produkte soos die granaatsap, granaatstroop en granaatroomys die lig sal sien. Dit stem ooreen met die maatskappybeleid van “geen vermorsing en onmge-wingsvriendelike, volhoubare boerderymetodes”. Foto: Marita Meyer