Foto van die Week

Dit is Augustus in die Oudtshoorn-omgewing en die veld is in blom, ook op dié foto van drie broers en hul honde by die rivier op die plaas Roodeheuwel buite Oudtshoorn. Van voor is Luhann van Wyk (10) met Miela die wors­hond, Aldo van Wyk (9) met Lilly die skaaphond en agter Tristan van Wyk (15) met Luna die Great Dane-baba wat verdwerg word deur die blomme. Die foto is Sondag deur die seuns se ma, Angelique Erasmus, geneem.