Foto van die Week

Die Klein Karoo-veld is tans baie mooi na die talle ligte reënbuie die laaste tyd. En hoewel daar nie baie reën val nie, is die veld tans groen en vol klein veldblommetjies. Daar is egter ook dié pragtige aalwyn met sy gloeiende oranje blomme op die stuk veld naby die Oudtshoorn Honde-eenheid. Foto: Schalk le Roux