Foto van die Week

Internasionale Verpleegstersdag is verlede Donderdag (13 Mei) met groot vrolikheid by die Mediclinic Klein Karoo op Oudtshoorn gevier. Die tema van die dag was Pretville. “Te midde van Covid moet ons steeds onthou om 'pret' te hê!” sê die bestuurder van die hospitaal, Hannes Stegmann. Volgens hom is daar met die viering van die dag dankie gesê aan die verpleegpersoneel vir hul opoffering, omgee en passie vir pasiënte. (Foto verskaf - maskers tydelik verwyder vir die neem van foto's)