Foto van die week

Om leeus te sien in die wildtuin, hetsy die Kgaladi Oorgrenspark, die Kruger Wildtuin of watter wildtuin ook al, bly maar opwindend. Hierdie jong leeuwyfie en ’n leeu-mannetjie het as deel van ’n troppie van vier leeus vir Schalk le Roux verwelkom en vir ’n foto geposeer tydens ’n besoek aan die Kgalagadi ’n week of twee gelede.