Foto van die Week

Vyf dae van rou Personeel van die openbare hospitale in Oudtshoorn en Kannaland het van 25 tot 29 November meegedoen aan die vyf dae van rou-veldtog vir diegene wat aan Covid-19 gesterf het, asook vir slagoffers van geslagsgeweld. Bo handhaaf personeel van die Oudtshoorn Hospitaal ’n oomblik van stilte uit respek vir diegene wat gesterf het. Links in swart geklee is Anthea Matola, Tina Scholtz, Chantel Jafta en Caroline Berends van die Alan Blyth Hospitaal in Ladismith. In Oudtshoorn het reeds 126 en in Kannaland drie mense aan Covid-19 gesterf. Foto’s verskaf