Foto van die Week

Die nuwe Ashtonbrug oor die Kogmanskloofrivier wat onlangs in sy tydelike posisie langs die R62-roete oopgestel is vir verkeer. Die ou brug word nou opgebreek sodat steunstrukture (pilare en mure) vir die nuwe boogbrug in die rivier opgerig kan word. Sodra die steunstrukture voltooi is, sal die boogbrug dwars geskuif word sodat dit weer in lyn met die R62-roete is. Voor die Covid-19-pandemie het die roete deur Ashton gemiddeld sowat 7000 voertuie per weeksdag gedra. Volgens beplanning sal die brug gedurende ’n naweek in lyn met die pad geskuif word om so min verkeersontwrigting as moontlik te veroorsaak. Die rede waarom die brug aanvanklik langs die R62-roete gebou is, is sodat dit dit nie nodig was nie dat die bedrywige roete vir ’n lang tydperk gesluit hoef te word. Foto: Schalk le Roux