Foto van die Week

DIE WENFOTO VIR KKSP SE 2020-KALENDER! Dié pragfoto van ’n reënboog oor ’n uieland is deur Japie de Bruin van Clanwilliam geneem en is die wenfoto vir Klein Karoo Saadproduksie (KKSP) se kalender vir 2020. KKSP het hul produsente gevra om foto’s te neem en die mooistes in te stuur vir ’n kompetisie met groot prysgeld. Japie was toevallig by die uieland om te kyk of sy bye werk, toe hy die mooi reënboog sien. Hy het die foto met sy selfoon geneem.