Foto van die Week

Die historiese NG Kerk op Oudtshoorn uit twee ongewone hoeke, soos met ’n hommeltuig afgeneem deur Hannes Jordaan. Dié foto’s laat ’n mens nie net nuut kyk na hierdie sandsteenkerk wat in 1880 voltooi is nie, maar ook na die vakmanskap en presisie waarmee die bouwerk gedoen is.