Foto van die Week

Die sonsondergang Saterdagaand (12 September) het die lug bo die Oudtshoorn ’n ruk lank in rooi en geel en oranje laat gloei. Dié besonderse foto van daardie sonsondergang is in die Rooiheuwel-omgewing net buite die dorp deur André Huyser geneem.