Foto van die Week

Dis herfs in die Klein Karoo met wingerblare wat oral verkleur. Higgo Jacobs van Oudtshoorn het dié foto geneem en die volgende gedig van Boerneef saam met dit vir Die Hoorn gebring:  Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier Niks staan so geel soos herfspamplier By Dwarsrivier op Ceres Slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk Lank en eerbiedig soos ‘n mens na so ’n herfs moet kyk Laat dit inbrand in jou vir latertyd Die warm geel en rooi vir latenstyd

Dis herfs in die Klein Karoo met wingerblare wat oral verkleur. Higgo Jacobs van Oudtshoorn het dié foto geneem en die volgende gedig van Boerneef saam met dit vir Die Hoorn gebring: Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
Niks staan so geel soos herfspamplier
By Dwarsrivier op Ceres
Slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
Lank en eerbiedig soos ‘n mens na so ’n herfs moet kyk
Laat dit inbrand in jou vir latertyd
Die warm geel en rooi vir latenstyd