Foto van die Week: 14 Junie 2024

Die oggendson se strale verf die hemel met helder oranje kleure, amper asof die lug aan die brand is om die oggend aan te kondig. Die weerkaatsing in die dam op die plaas Vrede Landgoed, benadruk die ongelooflike mooi kleurkombinasie en ook die kontras van winter sonsopkoms en daar waar die son nog nie kon aanraak nie. Foto: Johan Strassheim

Kieter was verheug oor verlede week se heerlike reën, kat lyk effe minder beïndruk oor die feit dat hy nat en koue weersomstandighede moes aandurf. Skets Janien Müller