
WEERLIGSKOUSPEL! Dié foto van twee weerligstrale wat die aarde tref, is verlede week op die plaas Shadowlands, suidoos van Oudtshoorn, geneem toe erge donderweer in die dorp en omgewing voorgekom het. Die swaar weer het gepaard gegaan met ’n lekker reënbui met 7 mm reën wat deur die SA Weerdiens se weerstasie op Oudtshoorn gemeet is. Foto: Elmar Roets