Tien uit tien, Calitzdorp!

Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

Wat ’n wonderlike inisiatief is die Vetplantfees wat oor bietjie meer as ’n week op Ca­litz­dorp plaasvind nie!

Die Calitzdorp Vet­plantvereni­ging verdien ’n klop op die skouer!

Die Klein Karoo se vetplante is van die grootste sierade van dié streek en verdien voorwaar ’n eie fees.
Die inwoners van Calitzdorp is sta­dig maar seker besig om deur ’n ver­skei­denheid van feeste en jaarlikse in- ­­stellings hul dorp al hoe meer pro­mi-nent op die toerismekalender te plaas.

Elke Junie bied die dorp sy Winterfees (voorheen die portfees) aan waartydens die dorp se uitstekende wyne in die kollig geplaas word.

Begin September vind die Bloeisel­fees plaas, teen die einde van November/begin Desember is dit eers appel­koospluktyd by De Krans, later in Desember perskepluktyd en in Februarie stroom mense weer na De Krans om hanepootdruiwe te gaan pluk.

Boonop bied die wynkelders en eetplekke van dié dorpie altyd ’n goeie ervaring vir besoekers aan Calitzdorp.

Welgedaan, Calitzdorp!